spacer.png, 0 kB

Nuusflitse

Besoek Fanie gerus op Facebook

 
Tuisblad
Welkom

Welkom by die webblad van Fanie de Jager.  Blaai deur en vind meer uit oor sy agtergrond, opleiding en CD albums wat beskikbaar is. Lees ook aangaande vertonings en ander interessanthede wat verby is en wat nog kom!  

 
Fanie de Jager (Biografie)

ImageFanie de Jager, ‘n sanger van klassieke en ligte klassieke musiek, het ‘n paar jaar gelede ‘n leemte in Suid Afrikaanse musiek gemerk naamlik dat die mooi, melodieuse musiek van weleer nie meer gesing en gehoor word nie. Hy was vas oortuig dat daar nog ‘n geweldige aanvraag en hunkering na hierdie tipe musiek was. Met marknavorsing is sy vermoede bevestig en uit verskeie oorde is hy aangemoedig om opnames van hierdie musiek te maak.

In 2000 het hy die eerste album opgeneem met die baie gepaste titel  My Sentimental Soul.  Hierdie debuut album het goue status gehaal en is vyf jaar later nog steeds een van die gewildste van die sewe albums wat in dié vyf jaar opgeneem is. Liede op  My Sentimental Soul, en ook meeste van die opvolg albums, is ‘n mengsel van Italiaans, Spaans, Duits, Engels en Afrikaans.

Die vierde album was egter nét Afrikaans en is getitel  Afrikaanse Juwele.  Dié album het binne twee maande ná vrystelling goue verkope gehaal. Dit was die top Afrikaanse verkoper vir ses weke ná vrystelling en was ook vir ses weke in die algehele  Suid Afrikaanse Top 20  treffersparade.

Lees verder...
 
Advertisement
spacer.png, 0 kB